|
Probleme met bouwerk? Swak werkmanskap? Geskille tov bouwerk? Koop u Voetstoots? |
BOU U OF KOOP U?
|
WEES INGELIG.
Die bou of koop van 'n huis sal altyd die belangrikste belsuit en ook een van die mees winsgewende beleggings wees wat u ooit sal maak. Geen huis - selfs nie 'n NUWE huis - is sonder defekte nie. Wees dus ingelig en vermy enige berou.
Verseker dat u aanbod om te koop onderhewig is aan 'n gunstige inspeksie deur Home Inspector.
Ons voer 'n deeglike inspeksie uit van hoek tot kant van die woning, verskaf 'n omvattende geskrewe verslag wat gedetaileerde foto's van alle defekte insluit, en spreek die oplossing en die koste van herstelwerk aan.
U kan NOU besluit om te koop, of selfs vir 'n beter aankoopprys onderhandel op grond van volledige inligting.
Die meeste bouwerk geskille is ten opsigte van
- swak kwaliteit van werk,
- die verskaffing van verkeerde boumateriaal,
- verskaffers wat nie waarborge op boumateriale nakom nie, en
- die herstel van defekte wat nie vroeër in die bouproses geidentifiseer is nie.
Waarom Home Inspector?
- Home Inspector se dienste sluit tegniese advies en regsadvies in ten opsigte van die inspeksie van 'n bouprojek.
- Home Inspector inspekteer die bouprojek, neem foto's en rapporteer enige bouregulasies wat nie nagekom word nie aan die kliënt.
- Home Inspector gee verslag aangaande die kwaliteit van bouwerk.
- Home Inspector stel 'n vergadering op die betrokke perseel byeen tussen die boukontrakteur en eienaar om defekte te inspekteer en te bespreek.
- Home Inspector se dienste sluit 'n individu-gerigte pakket in wat die behoeftes van die kliënt aanspreek en sluit onder andere elektrisiteit sertifikate, dak sertifikate en digtheidstoetse in.
Of u bou of koop, die inspeksie van u projek deur professionele persone bied u gemoedsrus en verseker dat u 'n veilige belegging maak.
Die Suid-Afrikaanse begrip voetstoots.
'n Klousule wat as standaard ingesluit word in alle koopbriewe, wat impliseer dat u die eiendom koop soos dit staan. Die klousule ontneem die verkoper se verpligting om enige defekte te herstel aan die perseel enige tyd nadat u regmatige besit van die eiendom oorgeneem het. Die begrip voetstoots beperk dus die koper se regmatige verweer in die geval van onopsigtelike of verborge defekte. Home Inspector beveel juis daarom sterk aan dat die eiendom wat u wil koop van hoek tot kant met ‘n volledige inspeksie ondersoek word.
|